Die Anglo-Boereoorlog in 100 Objekte

deur die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke

Die 25-jarige Lammie de Villiers van die Pretoria-kommando het op Spioenkop gesterf. Die leerstewels wat hy gedra het – en ook generaal Christiaan de Wet se saal, ’n rare velduniform van die ZAR Staatartillerie en die kerse wat die Boervrou Kotie Steenkamp by haar gehad het toe sy in die veld geleef het, is van die objekte in hierdie boek. Die volle drama van die Anglo-Boereoorlog word werklik en persoonlik in hierdie versameling ikoniese objekte uit die Oorlogsmuseum se versameling.

Die boek volg grootliks die kronologiese verloop van die oorlog, maar lig ook sekere temas uit, waaronder Boere- en Britse wapens, mediese sorg en die vernaamste rolspelers in die konflik. Die 100 ikoniese items word aangevul deur aangrypende historiese foto’s. ’n Verdere 200 bykomende objekte is ingesluit om die storie te help vertel van ’n oorlog wat ’n onuitwisbare merk op die Suid-Afrikaanse landskap gelaat het.

Koop hier