deur Martjie Malan
Die pragtig geillustreerde boek is daarop gemik om van enige iemand ’n suksesvolle bakker te maak. Dit is gegrond op basiese baktegnieke en wenke. Die resepte is deeglik getoets en het maklike stappe om te volg. Daar word ook gefokus op die bakgeheime wat min ander bakboeke inhou. Dit sal vir jou die selfvertroue gee om die basiese resepte met gemak te bak en jou stadig maar seker die moed gee om die meer tegniese resepte te bemeester.